Huisinbrake skiet hoogte in
THABAZIMBI – Verskeie huisinbrake is die afgelope twee weke in Thabazimbi gerapporteer. Volgens die SAPD moet inwoners waaksaam wees en verseker dat hulle die huis gedurende die dag, wanneer daar niemand tuis is nie, beveilig. Sluit aan by die buurtwag of sekuriteitsmaatskappy om sodoende ongewenste besoekers uit te hou.
Heelwat huisinbrake is ook aangemeld nadat huiseienaars vir ‘n naweek elders vertoef het. Vra jou bure om ‘n ogie te hou oor jou huis wanneer jy meer as ‘n dag lank nie daar is nie. Rapporteer verdagte aktiwiteite in jou buurt by 014 777 3504/5.