Kersvader besoek kleuters

50-Kersvader

Kersvader het op sy rooi brandweerwa die soet kleuters van A Lo Ha Keiki Kleuterskool in Sewendelaan 42 op Vrydag 6 Desember besoek en almal het ‘n speelding ontvang. Op die foto is die personeel van die kleuter- en naskool, agter vlnr: Bernice Chapman, Chantelle de Bruyn, Kersvader (Dirk van Eeden) met Weneske Taljaard en Jannik Blaauw, Zaan van Eeden, Annerie van Eeden en Rebecca Matlala. Voor: Annelie Pretorius, Cisca Labotske, Sina Nthame, Susan Ludick met Devan Krause. Hulle wens die gemeenskap ‘n wonderlike feesseisoen toe.