SWARTKLIP – Solidariteit Helpende Hand Northam-tak was deel van “Spar for Kids” veldtog. Spar het elke Solidariteit Helpend Hand-tak met R1000 geborg om kleuters mee te bederf.
Die SHH Northam-tak het besluit om op Donderdag 3 Oktober, worsbroodjies aan die kleuters van twee kleuterskole in Swartklip te gee. Die kleuters het die worsbroodjies baie geniet en het die volkslied gesing en baie drukkies is uitgedeel . Volgens die SHH Northam-tak was dit ‘n suksesvolle dag en bedank hul graag die gemeenskap se bydraes en ondersteuning met die projek. Vir verdere besonderhede kontak die skakelbeampte Jenny Streak by 084 9685 022.
Die kleuters het die volkslied ter bedanking vir die lekker worsbroodjies gesing.

