THABAZIMBI – Die span van die joernaalprogram op SABC 2, MooiLoop!, het vroeg in September deur Thabazimbi gereis opsoek na allerlei noemenswaardighede wat hulle vir die Thabazimbi-insetsel kan gebruik.
Valiant Swart en Denvor Phokaners is die aanbieders van die program en het talle besighede in Thabazimbi besoek. Valiant en Pieter Coetzee, eienaar en redakteur van Kwêvoël het land en sand gesels oor die geskiedenis, sowel as toekoms van ons mooie dorp.
Die insetsel sal op Woensdagaand, 23 Oktober om 19:30 op SABC 2 uitgesaai word.

