WES skou

THABAZIMBI – WESenterprises het die 2013 Landbouskou behoorlik verteenwoordig en alles ingesit om hulle uitstalling op sy beste te laat vertoon. Hulle wen dan ook die prys vir die beste stalletjie in die Landbou-afdeling. ‘n Groot trekpleister was die klein trekkertjies waarop die kleinspan kon ry. Erika Venter van WESagri het die inisiatief geneem om die klein trekkertjies ten toon te stel.

31-WES 041

Alida Jordaan van WES, Geoffrey van Multipower Import wat die Echo en Shindaiwa verskaffer is en Justin Piha van WES, met die trofee wat hul ingepalm het vir Beste stalletjie: Landbou.