Skou laat wiele rol

31-Ossewa

 

 

Ter viering van die 175ste herdenking van die Groot Trek, het die Landbou- en Nywerheidskoukomitee dit goed gedink om ‘n regte ossewa met Afrikanerbulle in te span en op die skouterrein te laat “trek”. Skougangers het ook die geleentheid gehad om op die ossewa te ry. Om by die gees van voortrekkers te hou, is twee jong dames ten volle uitgerus in voortrekker-gewaad, volgens ossewaryers was dit ‘n ware stukkie geskiedenis wat lank in die geheue van die jong generasie sal vertoef.