Thabazimbi Sakekamer op dreef
THABAZIMBI – Na afloop van die vergadering by die Trollop saal einde verlede maand en die sakegemeenskap se positiewe terugvoer en erkenning van die behoefte om ‘n sakekamer weer op die been te bring deur die instroom van aansoekvorms om lidmaatskap, is daar reeds goed gevorder om ‘n werkende komitee op die been te bring
Die verkose bestuurskomitee het reeds twee vergaderings gehou waar onder andere ooreengekom is dat die sakekamer ‘n a-politiese spreekbuis met die plaaslike regering vir sakemanne moet wees wat die volhoubaarheid van besighede in Thabazimbi en omgewing bevorder. Gesprekke moet fokus op verbeterde saketoestande en diensooreenkomstig beter dienslewering deur sakemanne aan die gemeenskap. Sukses vir die plaaslike sakekamer beteken dus die herlei van bestaande besigheidsgeleenthede terug na Thabazimbi en omgewing se sakemanne instede van stedelike sakemanne, asook die skep van nuwe besigheidsgeleenthede vir opkomende entrepreneurs.
Die bestuurskomitee het ook portefeuljes wat prioriteit sal geniet gefinaliseer en dit as volg aan bestuurslede geallokeer:
Toerisme: Bernadine Nel – 0832690434
Landboudienste: Gerhard Oosthuizen – 0828532054
Plaaslike Regering /Ekonomiese ontwikkeling /Waterberg Streekdienste: Tokkie Swanepoel – 07836762301
Mynbou: Jacques Blaauw (ook Voorsitter) – 083 303 9230
Sekuriteit en Veiligheid /Gebeurlikheidsbeplanning: Jaco van Vuuren – 0824391440
Nywerhede: Gys van der Walt – 0832520368
Opleiding/Jeug en Entrepreneurskapsontwikkeling: Johan Muller – 0837709917
Gesondheid, Sport en Rekreasie: Ane Sauerman – 08394131212
Ledewerwing /Openbare Betrekkinge /Media: Chris Barkhuizen (ook Tesourier) – 0832254709
Sosiale Verantwoordelikheid: Riana Bekker (ook Onder-Voorsitter) – 0726719710
Administratief: Estie Bekker (ook Sekretaris) – 0823284586
Besighede word uitgenooi om die bestuurslede te skakel aangaande enige saak wat hulle portefeulje raak: klagtes, gedagtes, belangrike verwikkelinge, of wat die geval ookal mag wees.
Na ‘n aanvanklike wisseling van gedagtes blyk dit dat vele areas is wat aandag vereis. Soos hulle in Rome ook besef het, besef die bestuur ook dat Thabazimbi nie in een dag verder gebou sal word nie, maar beloof die bestuur hul volle steun vir die sakelui.
Lede van die bestuur het reeds kontak met rolspelers begin gemaak om sakelui beter duidelikheid te kan bied oor die stand van sake rakende watervoorsiening en advertensieborde. Verder glo ons dat enige energie wat ons op Toerisme asook Sport & Rekreasie sal spandeer goeie geleenthede vir die plaaslike regering en gemeenskap kan skep.
Besighede word versoek om aktief betrokke te raak by portefeuljes wat u raak deur sakemanne wat nog buite die sakekamer staan te motiveer om lede van die Thabazimbi Sakekamer te word.
Hou ook die volgende datums in u dagboeke oop as Sakekamerinligting- en netwerkbyeenkomste:
Woensdag, 17 April 2013
Woensdag, 17 Julie 2013
Donderdag, 17 Oktober 2013
Meer inligting oor die byeenkomste sal volg maar dit beloof u tyd werd te wees.
Van volgende maand af kan lede die barometer volg wat u op hoogte sal hou van die groei in lidmaatskap. Indien u sou belang stel om lid te word kan u enige van die bestuurslede nader en hulle sal sorg dat die nodige aansoekvorm bekom word.