Week 3 – 18 January 2013
Kommentaar deur die redakteur, Pieter Coetzee
Die enigste ontginbare energiebronne wat onmiddellik aangewend kan word is steenkool, gas en olie, alles afkomstig vanuit die aarde as fossielbrandstof. Die ander een is ook plantaardig maar moet eers vernietig word voordat dit aangewend kan word, naamlik bome waarvan die hout vir hitte energie gebruik kan word. Uraan is ook ‘n groot bron van energie maar dit moet eers verryk word, wat redelik gevorderde tegnologie vereis, voordat die energie in kerngedrewe toestelle vrygestel kan word.
‘n Baie hoë premie word op hierdie energiebronne geplaas vanweë die skielike rykdom wat dit aan die eienaars in monitêre waarde bied. Die ontginners hiervan is almal ryk, daarom die oormekaar gevallery deur die nuwe swart elite om hul hande op Suid-Afrika se steenkoolmyne te lê, en dit met nogal groot sukses. So ook die oliebaronne reg oor die wêreld en veral die Sheiks in die Arabiese lande wie se familie en vriende groot voordeel uit hierdie skat uit die aarde trek. In beide Suid-Afrika en Arabië word bitter min van die inkomste van uit hierdie bronne in staatskoffers teruggeploeg vir die verbetering in lewensomstandighede van al sy burgers.
Die enigste energiebron wat deur die mens tot die hele sisteem toegevoeg kan word is arbeidsintensief. Partymaal vereis dit fisiese arbeid soos ‘n gewone handlanger tot ambagsman en konstruksiewerker of breinkrag vanaf onderwyser, navorser, ingenieur of mediese praktisyn. Op hierdie manier kan jy energie in ‘n bruikbare vorm omsit tot voordeel tot almal wat hul energiebydrae op hierdie manier lewer. Ongelukkig kan hierdie energie slegs deur ontwikkeling en onderwys vrygestel word en word dit saamgevang in die kultuur wat die bevordering van vaardighede en geleerdheid nastreef.
Deur jou energie op hierdie manier beskikbaar te stel, is jy geregtig op die aanwending van die natuurlike energiebronne soos vir die aanwending van hitte en lig deur elektrisiteit en brandstof vir jou motor.
Jy kan nie meer energie vrystel as wat jy insit nie, en daarmee saam kan jy baie energie verbruik terwyl jy niks insit nie. Indien dit die geval is, sal jy altyd ‘n las wees vir die swart-goud ontginners wat so al te graag hierdie las op die energie-opwekkers wil laai.
Dit laat nie ‘n mooi prentjie vir ons natuurlike hulpbronne soos water en bome vir hul hout nie. Hierdie hulpbronne sal vinnig deur diegene opgebruik word wat nie in staat is om hul arbeid in die vorm van energie beskikbaar te stel nie, maar steeds voortgaan om tot sy eie voordeel, ook deur die verbranding van hout, energie uit die natuur te onttrek.
