KOEDOESKOP –Laerskool Koedoeskop se skaakleerlinge het die Platina Provinsiale span gehaal en is verkies om die Platina provinsie te verteenwoordig op die SA skaakkampioenskappe in Kaapstad 16-19 Desember 2012.
Die skaakleerlinge van Laerskool Koedoeskop, agter vlnr: Cornél Riekert, Tanya Riekert en Gustav Grobler. Voor vlnr: Nia Naudé en Gerdro Grobler.


