Bosveld Karate Akademie presteer by FSKA Kampioenskappe

PRETORIA – Lede van die Bosveld Karate Akademie, onder afrigting van Sensei Reinier le Roux, het op 10 November aan die Wiehan Eksteen FSKA Kampioenskappe te Pretoria Wes deelgeneem.

Die karateklas het baie goed presteer. Hulle ontvang 15 medaljes: 7 goud, 4 silwer en 4 brons.

Federik Wallis ontvang goud vir kumite asook vir kata, Victor Viljoen ontvang brons vir kumite asook vir kata, Sensei Rainier le Roux ontvang goud vir kata en brons vir kumite, Siya Molapisi verower goud vir kumite en silwer vir kata, Thaba Madisha ontvang goud vir kumite en silwer vir kata en Chimone Havenga ontvang goud vir kumite en silwer vir kata, Fiki Ribimbi ontvang silwer vir kumite en brons vir kata en Chrisjan Wallis ontvang goud vir kumite.

Die Bosveld Karate Akademie het uitmuntende resultate by die Wiehan Eksteen FSKA Kampioenskappe verwerf, voor vlnr: Victor Viljoen, Siya Molapisi en Thabo Madisha. Agter vlnr: Frederik Wallis, Sensei Rainier le Roux en Chimone Havenga. Afwesig: Chrisjan Wallis.