THABAZIMBI – Die HFM SR-2013 het op 17 Oktober ‘n baie geslaagde insameling geloods tydens die jaarlikse Kers-, Vers- en Melodie-funksie.
Daar is ‘n beroep op die Frikkies gedoen om as welwillendheidsgebaar ‘n speelding of nie-bederfbare voedsel as toegang saam te bring in graadgroepverband.
Frikkies ondersteun graag plaaslik en het die insamelings aan me Tessa White van Thabang oorhandig.
HFM SR-2013 het ‘n skenking aan Thabang gemaak, vlnr: Me Francis Coetzee (SR-voog), Elzaan Boy, Danelle van Tonder, Bantu Peter (SR-lede – Leerlingaangeleenthede), Me Tessa White (Thabang).


