LS Van Wykskraal sê dankie

MAKOPPA – Een van LS Van Wykskraal se gewilde stoordanse is op Saterdagaand 26 Oktober gehou. Die geleentheid is benut om al die instansies, besighede en persone te bedank wat deur die jaar die skool bygestaan en ondersteun het.

Kumba Thabazimbi Myn het gesorg vir ‘n hele nuwe speelarea waar die kinders hul gate uit kan geniet asook wasbakkies by die klasse. Hierdie groot verbeteringe word opreg waardeer. LS Van Wykskraal is bekend vir die hoë standaard onderrig en individuele aandag wat hulle leerders bied en word moontlik gemaak met die hulp en bystand van ouers, onderwysers en die Thabazimbi gemeenskap.

Die opgeknapte speelgrond by Laerskool Van Wykskraal, goedgunstiglik deur Kumba Thabazimbi Myn geskenk.