Bosveld groet oud inwoner

THABAZIMBI – ‘n Bekende inwoner van die bosveld, Jan van der Merwe Grimes, is op 9 Oktober 2012 aan kanker oorlede nadat behandeling die siekte nie kon terughou nie.

Hy is in Mei 2012 gediagnoseer met gevorderde Mesotelioom in die longvlies as gevolg van blootstelling aan asbes as ‘n jong man op die myne.

Jan is op 5 Mei 1949 in Rustenburg gebore en as klein seun het sy familie Thabazimbi toe getrek waar hulle hulself op Wachtenbietjies draai gevestig het. Jan het sy skoolloopbaan hier begin en by ook Frikkie Meyer gematrikuleer waarna hy na Pretoria gegaan het om Mynbou Ingenieurswese te studeer.

Jan was ‘n kranige rugbyspeler en het met vele byname gespog, Jan Oorlog om net een te noem.

Sy loopbaan by Iscor het oor baie jare gestrek, hy begin sy opleiding hier by Iscor Thabazimbi in 1973. Van hier word hy verplaas na Sishen myn waar hy later as mynbestuurder aangestel word. Kort daarna is hy met Trix getroud. Vanaf 1986 – 1991 het hy die pos beklee as mynbestuurder van Grootegeluk myn op Ellisras waarna hy toe verplaas is na Pretoria hoofkantoor.

Hy tree af in 2004 en kom vestig hom weer hier in Thabazimbi op sy geliefde plaas De Kop, waar hy sy laaste paar jare die naaste was aan dit waarvoor hy die liefste was, sy vrou Trix en die natuur. Jan was liefdevol, gelowig, wys, nederig, saggeaard… die lys strek eindeloos ver. Hy laat sy vrou Trix, sy drie seuns, twee dogters, skoonseun en kleinseun agter.

His son-in-law, Richard Littleproud said in “Ode to my father in law”: His intelligence and the sharpness of his mind earned him the respect of all who encountered him. The purity of his heart carried him, surrounded by love, through his life, directly into the waiting arms of God. He is and will always be greatly missed.

‘n Verassingsdiens is op 19 Oktober vanuit die Oosterlig Kerk in Pretoria gehou.

Jan van der Merwe Grimes is op 9 Oktober oorlede. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte in die gemeenskap.