Community

DA-Jeugvoorsitter besoek Helen Park

Mbali Ntuli, Nasionale Jeugvoorsitter van die DA, het Helen Park op Donderdagaand 19 Julie besoek, op die foto saam met haar is DA raadslede Piet Strydom en Bertie Joubert.

NORTHAM – Honderde DA ondersteuners het op Donderdagmiddag 19 Julie by Helen Park saamgedrom om die Nasionale Jeugvoorsitter van die DA te verwelkom.

Volgens DA raadslid Piet Strydom was die geleentheid ‘n reuse sukses wat toegeskryf kan word aan die proaktiewe DA lede van Helen Park en omliggende gebied.

Mbali Ntuli, Nasionale Jeugvoorsitter van die DA is na Helen Park vergesel deur Limpopo se koukusleier, me Desireé van der Walt. Ntuli het met die jeug gesels oor die DA se toekomsvisie vir die jeug.

Ntuli was duidelik beïndruk met die groot opkoms by Helen Park en het saam met die jeug gedans en gesing. Sy het ook ‘n brief in ontvangs geneem waarin die inwoners van Helen Park ‘n uitnodiging gerig het aan DA-leier Helen Zille om dié vinnig groeiende tak te besoek.