Community

Koekies vir Kinders

Die NG Kerk koekverkoping ten bate van AKK is op Sondag 24 Junie gehou.

THABAZIMBI – Die NG gemeente van Thabazimbi het op Sondag 24 Junie hul jaarlikse koekverkoping ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis (AKK) gehou.

Volgens Lynette Lottering en Amelia Bergsma, die AKK verteenwoordigers van NG Kerk, kon hulle R3500 vir die kinderhuis aanstuur na die suksesvolle verkoping.

Hulle bedank die hele gemeenskap wat betrokke was by die verkoping asook Pick n Pay vir die skenking van ‘n besonderse koek wat hulle vir die kleinspan by AKK aangestuur het.