R911 700 vir Windpompfees Veiling

NABOOMSPRUIT – Die jaarlikse Windpompfees Veiling het op Vrydag 27 April te Elders BV Veilingskrale plaasgevind.

Driehonderd en vier vroulike diere is vir die Hok-veiling aangebied. Die gemiddelde pryse is as volg: 54 blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1690, 23 wit blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1885, 84 blouwildebees teen ‘n gemiddeld van R1832, 1 gemsbok teen R6500, twee kameelperde teen ‘n gemiddeld van R16 000, 23 koedoes teen ‘n gemiddeld van R2657, drie njalas teen ‘n gemiddeld van R6750, 73 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R1568, 22 rooihartbees teen ‘n gemiddeld van R4202, nege Burchell sebras teen ‘n gemiddeld van R4050, vyf split rooibokke teen ‘n gemiddeld van R16 000 en vyf volstruise teen ‘n gemiddeld van R2600.

Die manlike diere se pryse was as volg: ses blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1550, 15 blouwildebees teen ‘n gemiddeld van R2793, een kameelperd teen R18 000, vyf volwasse koedoebulle teen ‘n gemiddeld van R9300, een jong koedoebul teen R3700, een njala teen R7500, 10 volwasse rooibokramme teen ‘n gemiddeld van R1520 en 27 jong rooibokramme teen ‘n gemiddeld van R922.

Die omset was R911 700. Niel Swart was die afslaer.