Telkomlyn opgeskort weens koper diefstal

THABAZIMBI –  Dafnet Loodgieters in die Industriële gebied, sukkel al ‘n geruime tyd met hul Telkom lyn wat buite werking is weens koperkabel diefstal.

Hulle het ‘n amptelike brief van Telkom ontvang wat hul meedeel dat die vaste lyn-diens nie herstel gaan word nie as gevolg van die hoë diefstal van koperkabel in daardie area. Hul Telkomlyn word dus opgeskort. Dafnet vra hul kliënte verskoning vir enige ongerief wat die opskorting veroorsaak en versoek hulle om gebruik te maak van die volgende nommers: Fout rapportering en algemene herstelwerk: Wilma – 083 254 6434 of e-pos wilma@dafnet.co.za; Rekeninge/Betalings/Navrae: Marié – 083 372 1278 of e-pos marie@dafnet.co.za. Hul faksnommer is 086 675 9929.