Arwin Equestria hou Opleidingskou

Chene Ras op Coco.com behaal ‘n eersteplek in Lead reign 30-40cm.

THABAZIMBI – Arwin Equestria het op 25 Februarie ‘n Opleidingskou vir die ruiters in die area aangebied.

Die doel van die skou was sodat ruiters meer blootstelling kon kry en sodoende hulle voelers bietjie kon uitsteek en kyk hoe hulle vaar teen die ander ryskole in die omliggende area.

Arwin Equestria bedank graag die gemeenskap wat hulle so goed ondersteun het en gehelp het om die kompetisie ‘n sukses te maak. ‘n Spesiale dank ook aan wonderlike borge wat hul ontvang het vir die geleentheid waarsonder hulle nie so ‘n pragtige en suksesvolle dag kon wees nie.

Die uitslae is as volg: Klas 1: Lead reign 30-40cm: Chene Ras op Coco.com (eersteplek) en Suzette de Villiers op Hoogmoed (tweedeplek). Klas 2:  Pop event 40-50cm: Suzette de Villiers op Hoogmoed (eersteplek) en Chene Ras op Litchi.com (tweedeplek). Klas 3: Jump for Joy 50-60cm: Suzette de Villiers op Hoogmoed (eersteplek), Lanie Snyman op Mango.com (tweedeplek) en Chene Ras op Litchi.com (derdeplek). Klas 4:  Welcome Stakes 60-70cm: Lanie Snyman op Mango.com (eersteplek), Chene Ras op Red Ivory (tweedeplek) en Tanita Jansen van Vuuren op Dromond (derdeplek). Klas 5:  Pre-Novice 70-80cm: Tanita Jansen van Vuuren op Mango.com (eersteplek), Chene Ras op Red Ivory (tweedeplek), Suzette de Villiers op Rambo (derdeplek) en Nadia Nel op Majestic Blue (vierdeplek). Klas 6:  Novice 80-90cm:

Chene Ras op Mango.com (eersteplek), Nadia Nel op Majestic Blue (tweedeplek), Tanita JvVuuren op Dromond (derdeplek) en Suzette de Villiers op Rambo (vierdeplek). Klas 7 Competition 90-100cm: Nadia Nel op Majestic Blue (eersteplek) en Chene Ras op Red Ivory (tweedeplek).

Arwin Equestria se ruiters het skoonskip gemaak en hulle stalle se naam hoog gedra. Die ruiters word gelukgewens met hul puik prestasies. Kontak Tanita Jansen van Vuuren van Arwin Equestria by 0723526957 vir meer inligting. Foto’s: Mnr Stefanus Botha van Botha Signs.