Harde spel tydens Hardekoolnaweek

THABAZIMBI – Die Hardekool sportnaweek is verlede naweek op die sportgronde van Laerskool Thabazimbi aangebied.

Harde rugby is gespeel tydens verlede naweek se Hardekool sportnaweek.

Laerskool Thabazimbi, Middelburg en Pietersburg-Suid het sake op die rugbyveld en netbalbaan uitgespook.

Die rugby uitslae was as volg: Thabazimbi se O/9 span speel gelykop met 5 punte elk teen Middelburg; Thabazimbi O/10 wen 5-0 teen Middelburg en speel 7 elk gelykop teen Pietersburg-Suid; Thabazimbi O/11 wen 29-0 teen Middelburg en wen 12-0 teen Pietersburg-Suid; Thabazimbi Eerstespan wen 19-0 teen Middelburg en 33-0 teen Pietersburg-Suid terwyl Thabazimbi Tweedespan 29-0 teen Pietersburg-Suid wen.

Die netbal uitslae is as volg: Thabazimbi O/9A wen 11-4 teen Middelburg; Thabazimbi O/9B wen 9-5 teen Pietersburg-Suid; Thabazimbi O/10A wen 13-2 teen Pietersburg-Suid en 9-4 teen Middelburg; Thabazimbi O/10B wen 5-4 teen Pietersburg-Suid; Thabazimbi O/11A speel met 8 punte elk gelykop teen Pietersburg-Suid en wen Middelburg 9-8 terwyl Thabazimbi O/11B gelykop speel teen Pietersburg-Suid met 5 punte elk.