Die AfriForum-tak van Naboomspruit/Mookgophong het op 1 Februarie 2012 ? optog na die plaaslike landroskantoor gehou om die borgaansoeke van 5 vermeende huisrowers teen te staan. Die vyf mans staan tereg op aanklagte voortspruitend uit ? wrede aanval op mev Anita van Niekerk (62), in haar huis op 21 Januarie vanjaar.
Tydens die insident het vyf mans haar om 23:00 uit haar bed geruk en begin martel. Die aanvallers het ? skerp voorwerp in haar oë gedruk, haar aanhoudend geslaan en haar stembande afgesny. Hulle het ook kookwater en brandende klere oor haar gegooi. Hierdie onmenslik wrede aanval het afgespeel voor Van Niekerk se kleinkind (4) wat by haar woon. Die bure vertel dat die huis vol van die kleinkind se bloedspoortjies was soos hy deur sy ouma se bloed gestap het. Net R120-00 is gesteel. Die slagoffer het die gebruik van een van haar oë verloor en die kans dat sy ooit weet behoorlik sal kan praat, is skraal. Mev Van Niekerk is steeds in die waakeenheid van die Meulmed-hospitaal.
AfriForum het ? beroep op die gemeenskap gedoen om op te staan teen misdaad. Daardeur word die boodskap wyd uitstuur dat barbaarse gedrag soos hierdie nie geduld sal word nie.
