Totsiens Hester

Hester Oberholzer, oud inwoner van Bosveld Oord, is op 30 Januarie 2012 oorlede.

THABAZIMBI – Met liefde en tere herinnering word daar van Hester Oberholzer (vroeër van Bosveldoord) wat by haar kinders op Sasolburg woonagtig was en waar sy op 30 Januarie 2012 oorlede is, afskeid geneem.

Sy sal onthou word vir haar hulpvaardigheid en liefde. Sy het altyd iets gehad om te deel met ander wat minder as sy gehad het en  was altyd besig om iets vir die Apiesdoring Karnaval bymekaar te maak. Sy’t ‘n goeie humorsin gehad en nie ‘n kerkdiens gemis as sy die kans gehad het om dit by te kon woon nie.

Haar plekkie is nou leeg en haar familie en vriende sal haar baie mis. “Ons is dankbaar dat die Here haar so lank vir ons gespaar het en die goeie tye wat ons met haar gedeel het. Ons berus en laat haar gaan, maar sal haar nie vergeet nie.” Haar roudiens was op Woensdag 1 Februarie te Vanderbijlpark.