Eerste hengelkompetisie vir 2012

NORTHAM – Northam Platinum Hengel klub het hulle eerste kompetisie vir 2012 die naweek van 19 November 2011 gehou.
Die swaarste sak vis het die wenners bepaal. In die Senior afdeling het Rudie Smit gewen met 39.96kg. Tokkie Burger was tweede met 26.06kg en Andrew Burger derde met 24.32kg.
Die vroue afdeling was gewen deur Elna Retief met 14.96kg tweede was Cindy Cunningham met 13.66kg en derde was Marieta Botha met 10.82kg. Die Junior afdeling is gewen deur Maurits Claasen met ‘n sak van 21.26kg met Armand Pretorius in die tweede plek met 1.98kg. Derde was Johan Niemann met 1.00kg. In die penkop afdeling was dit Lulu Agenbagh met 2.10kg. Derek Agenbagh was tweede met 1.92kg en Dante Otto het die derde plek gevat met 0.94kg. Daar was ‘n totaal van 468 vis gevang met ‘n massa 377.47kg deur 44 hengelaars.