Met dié skrywe wil ek net weereens baie dankie sê! Eerstens aan Rona van Plaaskombuis en haar personeel, asook aan Hennie van Twilight Breeze en sy span. Sonder julle hulp en ondersteuning sou ons defnitief nie die funksie met Nataniël se optrede kon aanbied nie! Aan Johan en sy span van Windscreen Professional wat laataand help opruim het, groot, groot dankie! Dan aan elke donateur wat bygedra het, ons het groot waardering! Aan Juf. Lienkie en die Gasvryheidstudie-leerders van HFM wat kom kelner speel het, baie dankie ook aan julle. Spesiale dank aan Spar se personeel met op en aflaai. Franco, Shane, Corli-Elize en Francis – julle is kosbaar!
Dan uit die diepte van die KunsteGrot-hart: Baie dankie aan ons gereelde borge en diegene wat nou donasies gegee het. Sonder julle ondersteuning sal ons die deure moet sluit. Hiermee dan ’n uitnodiging aan elkeen in ons dorp en gemeenskap – kom ondersteun asseblief die aanbiedings by die KunsteGrot, ons bring dit spesiaal vir ons mense!
Dankie aan Die Kwêvoël, sonder wie se ondersteuning ons nie kan nie!
Rita Volschenk
