Uitbreiding 18 se morsjorse

Klagte teen Uitbreiding 18 se morsjorse

Ons het 2 erwe in uit. 18 (verby Exel)  en daar word konstant gemors gegooi.  Ons het tot ‘n geval gekry van ‘n dooie hond wat daar afgegooi was.

Die eienaars van die erwe weet nie meer wat om te doen teen die ‘morsjorse’ nie.  Ons het al borde opgesit, erwe toe gespan en selfs agter die ‘morsjorse’ aan gery om hulle te konfronteer.  Ons moes ongelukkig meer drastiese stappe neem en het sodoende die saak verder gevat tot by Adamson Nielsen (eiendom ontwikkelaars van uit.18).  Hulle is besig om klagtes te lê teen drie persone wie se persoonlike dokumentasie in die gestorte vullis gekry is.

Ek is seker as mense hulle vuilgoed in julle erwe kom gooi, julle dieselfde sal doen.

Moeggepraat