ROEDTAN – Die Vlakte Bonsmara Studiegroep het ‘n Bonsmara Bul-veiling op 14 Oktober te Roedtan veilingskrale aangebied. Een en dertig stoetbulle is teen ‘n gemiddeld van R36 065 verkoop terwyl twee dragtige stoetkoeie teen ‘n gemiddeld van R8000 verkoop is. Die omset vir die stoetveiling was R1 134 000. Ses en dertig kommersiële verse is verkoop teen ‘n gemiddelde van R7181, 34+34 kommersiële koeie en kalwers is verkoop teen ‘n gemiddeld van R14 918, 13 kommersiële dragtige koeie is verkoop teen ‘n gemiddeld van R10 724 terwyl 38 dragtige kommersiële verse teen ‘n gemiddeld van R9 674 onder die hamer gekom het. Die kommersiële veiling het ‘n omset van R1 272 700 gehad terwyl die totale omset R2 406 700 bereik het. Die afslaer was Mike Killassy van Vleissentraal Bosveld.
