Skryf nou in vir HH4H skoonheidskompetisie

THABAZIMBI – “High Heels 4 Horns” vind plaas op Saterdag 27 Augustus vanaf 09:00 by die Thabazimbi Skougronde.

HH4H is ‘n inisiatief van VNG events vir die Provinsiale wenners van die Miss Summer Heat kompetisie. Die meisies, Manani Fuwele (Miss Summer Heat Limpopo) en Carla Viljoen (Miss Summer Heat Teen Limpopo) moet welsynswerk doen en hierdie jaar is dit vir Renoster bewaring en die organisasie wat gaan baat vind is “Mission Rhino”.

Die propvol program skop af om 09:00 met S’posh Petshwa (Top 10 Idols 2010) wat die opening en verwelkoming behartig en tussendeur die gehoor vermaak met haar sangtalent.

Daarna kom ‘n Verteenwoordiger van Mission Rhino, Marc Stiglingh aan die beurt om te verduidelik wat hulle organisasie doen.

Die pretloop van 2 km begin om 09:30. Inskrywingsfooie is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders 6 – 12 jaar oud. ‘n Paar deelnemers sal ook ‘n gratis t-hemp ontvang. Dit is nie verpligtend om hoë hakke te dra nie, maar net die deelnemers in ‘hakke’ sal in aanmerking kom vir van die beperkte pryse. Aandenking T-hemde sal ook te koop aangebied word.

Om 10:30 gaan dr Herman Els, ‘n veearts, ‘n Rhino’s Alive praatjie lewer en 12:00 gaan Cara van Gitta Martula Wildlife Rehabilitation Centre ook ‘n praatjie lewer oor wildrehabilitasie en bewaring.

Loraniques Dansskool gaan ook danse uitvoer en S’posh gaan nog liedjies sing vir die toeskouers.

Meisies 4 – 8 jaar, 9 – 12 jaar, (tema bosvelddrag) 13 – 17 jaar en 18 – 25 jaar (bosvelddrag en kort/lang skemerkelkie drag) kan ook deelneem aan die Mej HH4H modelkompetisie. Registrasie is om 10:30 en die kompetisie begin om 11:00. Die 13 – 17 en 18 – 25 jaar skemerkelkie drag rondte vind plaas om 18:45.

Loterykaartjies is ook beskikbaar teen R50. Die wenner stap weg met ‘n naweek vir 10 mense by Tholo-Beze Self Catering Lodge in Maroelasfontein. Terwyl die R10 loterykaartjies se prys die boek ‘Business Stripped Bare’ deur Richard Branson, ‘n T-Hemp, Skryfblok & Pen en ‘n sport/oornagsak insluit.

Om 12:20 vind die Junior afdeling wenners van Miss HH4H plaas asook die trekking van die ‘Raffle ticket’ wenners.

Die dag sluit af met ‘n driegang-ete en dans in die Trollope Saal, Thabazimbi waar Gary Forwood en S’Posh Phetwa gaan optree. Die drag is deftig informeel (smart/casual). Miss HH4H Senior afdeling se finale rondte vind plaas en die wenner sal gekroon word. Cara van Gitta Martula en ‘n veearts van Rhino’s Alive gaan ook tussendeur die ete kort-praatjies lewer. Kaartjies vir die ete/dans kan gekoop word teen R200 per person (R1800 vir ‘n tafelbespreking vir 10 mense). Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Stalletjies is ook beskikbaar teen R50 ‘n stalletjie.

Skakel Geraldine van Wyk by 082 9213780 vir loterykaartjies, stalletjies, pretloopinskrywings en ete kaartjies. Die opbrengs vir die dag word geskenk aan Mission Rhino.