Matrieks vs Res tydens feesviering

THABAZIMBI – HFM se 50 jaar feesviering het amptelik plaasgevind op Vrydag 5 Augustus 2011. ‘n Volprogram vanaf 14:00 tot laat het die hele gemeenskap byeen gebring om hierdie besonderse mylpaal te vier. Die hoogtepunt op die program was die Matrieks vs Res rugbywedstryd om 18:00, waarna die fees afgesluit is met ‘n gemeenskapsbraai.