Suikerbekkies Boeremark volgende Saterdag

Die Suikerbekkie Boeremark bied hul tweede boeremark op Saterdag 13 Augustus by Obaro se Lapa te Dwaalboom aan.

DWAALBOOM – Die Suikerbekkies Boeremark het op 2 Julie 2011 vir die tweede keer plaasgevind by Obaro Dwaalboom se Lapa.

Die Dames van die Suikerbekkie Stokvel beoog om die Boeremark een keer per maand te hou, en almal is baie welkom om te kom inloer.  Daar is vars plaasprodukte, heerlike tuisgebak, handwerk en ingelegde produkte te koop. By die teetuin kan daar gekuier word oor ‘n koppie tee of koffie en ‘n smullekker stukkie koek of tert. Lekker warm pannekoek kan geniet word. Daar word gehoop dat die gemeenskap die Boeremark sal ondersteun, en help om dit elke maand groter en beter te maak.

Indien iemand dalk iets het wat hulle graag by die mark wil verkoop, kan hulle vir die volgende dames skakel vir meer inligting:  Anne-Mari Bekker op 0832602271, of Tarina Welgemoed op 0837788136.

Die volgende mark vind plaas op Saterdag 13 Augustus 2011 vanaf 9:00 by Obaro Dwaalboom se Lapa.  In September sal die mark plaasvind by die Dwaalboom Oesfees, en van Oktober af sal dit die eerste Saterdag van elke maand wees.  Hannetjie van Obaro word bedank vir die gebruik van die Lapa vir hierdie geleenthede.