Wat ‘n verrassing, een van die beste skoue wat ek nog bygewoon het. Vroeër vanjaar was ek by Bloemfontein se skou, ag nee wat, teleurstellend, niks snaaks, glo my maar.
Die saal met die baie hoenders en duiwe, dit was nou ‘n groot verrassing, vere van alle kleure en geure. ‘n Stalletjie met die heerlikste bokkaas en die bokke staan ook daar om hul produkte te bemark. ‘n Man wat ‘n sweep slaan dat die vonke spat, speelgoed vir die kinders, mooi goed vir ma, ‘n donkiekar wat die kinders rondry, daar was net te veel om te noem. Elsa en Johan en die res van die helpers, julle het julself oortref. Thabazimbi kan voorwaar trots wees op so ‘n Landbou skou. Ons sien uit na volgende jaar.
Pretty Things
