Boere gewaarsku oor krag

LEPHALALE – By ‘n onlangse Agri-SA vergadering is boere gewaarsku dat Eskom hom nou daarop gaan toespits om kragdiewe vas te trek. “As iemand jou genader het om jou kragrekening te verminder en verstellings aan toerusting op jou plaas te maak, moet jy dit rapporteer. Maak seker dat jou kragaansluiting op standaard en wettig is,” het Francois van den Berg, voorsitter van Agri-Limpopo hierdie week gewaarsku.

Dit volg op media-berigte vroeër die jaar dat boere verantwoordelik is vir meer as die helfte van die elektrisiteit wat by Eskom gesteel word. Eskom het intussen die aantuigings teruggetrek en in ‘n verklaring gesê dat data verkeerd geïnterpreteer was. Tog maan Van den Berg boere om seker te maak dat hulle bo verdenking staan as dit by elektrisiteitsverbruik en -betalings kom. LiN Nuus/Bosveld Bulletin