Sport

Rhino Stoeiklub by Mogol Ope

LEPHALALE – Die stoeiers van Rhino Stoeiklub van Thabazimbi het verlede naweek die Mogol Ope gestoei.

Die stoeiers was vuurwarm en elkeen het met ‘n besonderse toekenning huiswaarts gekeer.

Hulle maak nou reg om volgende week in Benoni deel te neem waar hulle afrigter Tinus Smit glo hulle net so goed gaan vaar.

Rhino Stoei klub oefen nogsteeds Maandae en Woensdae by die skou gronde van 17:45 tot 19:30.

Volgens Smit is die sport besig om baie groot te word in Limpopo en belangstellende ouers en kinders is welkom om navraag te doen of self te kom kyk waaroor al die opwinding gaan. Kontak Lisa Smit 082 729 8951 vir verdere inligting.