Moenie ‘n slagoffer van kaping word
Om ‘n kaping-slagoffer te word wanneer jy op vakansie is, gaan nie net jou vakansieplanne in die wiel ry nie, maar is ook ‘n ergenis word om die voorval by die plaaslike polisiestasie te rapporteer, veral wanneer waardevolle items en dokumente ook saam met die motor gesteel is.
Chubb Sekuriteit gee die volgende wenke wanneer jy op reis gaan:
- Beplan jou roete sodat verlate en voorspelbare onveilige of gevaarlike paaie vermy kan word.
- Indien jy onseker is oor jou bestemming en roete, spandeer tyd om dit vanaf ‘n padkaart te beplan alvorens die reis aangepak word.
- Laat iemand in kennis waarheen jy gaan, wanneer jy daar behoort te wees, wanneer jy beoog om terug te wees en kontak besonderhede. Indien jy snags reis, dui die roete aan.
- Moenie stop om iemand langs die pad te help nie, veral nie as jy alleen is nie. Skakel eerder die polisie vir hulp.
- Wees bewus dat SOS telefone op uitgestrekte verlate paaie nie gewoonlik veilige telefone is nie, aangesien misdadigers daar kan wag vir desperate gebruikers.
- Moenie stop as ‘n ander motoris aandui dat jou voertuig ‘n defek het nie. Gaan eerder na die naaste vulstasie of polisiestasie om dit op te volg.
- ‘n Alternatief is om langs ‘n verkeerskonstabel of polisievoertuig te stop en vir hulp te vra.
- Moenie vir ‘n ander voertuig stop selfs al het dit flitsende ligte nie. Gaan na die naaste polisiestasie of beligte vulstasie en laat weet die nodige owerhede dat die motoris dalk hulp benodig.
Moenie die volgende items in jou voertuig los nie:
- Die voertuig se registrasie dokumente, enige dokumente wat jou naam, adres of naaste familie bevat, familie foto’s, vuurwapens, voertuig- en huissleutels, tjekboek en kredietkaarte, selfone en musiek.
Chubb Sekuriteit is ‘n eenheid van UTC Fire & Security, ‘n wêreldwye verskaffer van vuur veiligheid en sekuriteitsoplossings vir meer as ‘n miljoen kliënte wêreldwyd. Meer inligting oor Chubb Sekuriteit kan op hul webwerf by www.chubb.co.za verkry word.