“Swerwer” Steyn het kanker

Willie oftewel “Swerwer” soos hy oor Thaba Stereo uitgesaai het, is in September met limfklier kanker gediagnoseer.

THABAZIMBI – ‘n Geliefde uitsaaier van Thaba Stereo, Willie Steyn, oftewel “Swerwer” soos hy bekend gestaan het, is in September vanjaar met limfklier kanker gediagnoseer.

Willie is tans in isolasie in die Steve Biko hospitaal in Pretoria waar hy deurgaans gemonitor word.

Volgens sy eggenote, Magda, is die uitgawes vir so ‘n gevreesde siekte meer as wat hulle instaat is om by te dra en vra die hulp van die gemeenskap om die finansiële las effens te verlig met ‘n geldelike bydrae.

Magda werk tans by ‘n reis-lodge en kan nie meer alleen op haar salaris die mas opkom nie. Sedert Willie bedlêend is, kan hy ook nie meer finansieel uithelp nie.

Enige iemand wat graag ‘n bydrae wil lewer kan Magda kontak op 0826000820. Die bankbesonderhede vir die “Swerwer” Trust is: Friends of Steyn Willem Lodewikus, Rekening no: 436 049 600, Standard bank, takkode: 053 946.

Skryf gerus ‘n boodskap van aanmoediging en ondersteuning op sy Facebookblad genaamd “Swerwerblad”.