Bonsmaras behaal uitstekende pryse by produksieveiling

DENDRON – In sy verwelkoming by Dendron Veilingskrale op 2 November 2010, het die Limpopo Bonsmaraklub se voorsitter, Mnr Gavin Bristow, vertel dat die klub dit oorweeg om in die vervolg hul jaarlikse produksieveiling in die Pietersburg Veilingsentrum by die skougronde net buite Polokwane aan te bied.

Sewentien Stamboek Bonsmarabulle is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R20 382 elk. Die hoogste prys van die dag was vir ‘n bul geteel deur die bekende Mnr Peter Mockford van Mockford Farms net buite Polokwane, vir ‘n pragtige twee-en-‘n halfjarige bul wat gekoop is deur Mnr Piet van Wyk, ‘n sakeman en boer van  Polokwane en Musina.

Bonsmara-tipe vroulike diere wat as kommersiële Bonsmaras geklassifiseer is, het die volgende pryse behaal: Verse se pryse het gewissel vanaf R4 200 tot R7 500 en koeie met klein, pasgebore kalwers het van hande verwissel teen R9 200 elk. Die afslaer was die baie bekende stoetveeafslaer, Mnr Mike Killassy.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.