Sport

Pro Bow Boogklub SABA skietspanne triomfeer

Die Pro Bow Boogklub SABA kampioene van 2010 vlnr: Renaldo Nortjé, Petro van Reenen, Quintin Jansen van Vuuren, Antoinette Hermann en Henk Engelbrecht

THABAZIMBI – Die SABA (South African Bow Hunters Assosiation) Gauteng se laaste kompetisie vir die jaar 2010 is op Saterdag 13 November 2010 te Magnum Archery, Donkerhoek, Pretoria aangebied.

Die jaarlikse prysuitdeling het ook na afloop van die kompetisie plaasgevind.

Deur die loop van die jaar was daar nege kompetisies aangebied, waaraan Pro Bow Boogklub, Thabazimbi se lede deelgeneem het. Nie net is die skuts se skietvernuf beproef nie, maar ook stamina en uithouvermoë. Sommige kompetisies was in snerpende koue, ander weer in uitmergelende hitte. Die skuts het deur die jaar berg, bos, moeraswoud, dam en vlakte trotseer, al klimmende oor rotse en klippe, elkeen met sy eie unieke uitdagings. Met sommige kompetisies moes die deelnemers al 03:30 vertrek om betyds te wees by hul bestemming.

Saterdag se kompetisie het ook sy eie uitdagings gelewer en die deelnemers moes nie net die hitte nie, maar ook ‘n onplesierige wind trotseer.

Almal was dit eens dat hierdie een van die uitdagendste bane van die jaar was.

Die volgende prestasies is behaal: Sertifikate vir 80% en hoër: Aldo van Reenen 83% 11 x’e; Henk Engelbrecht 83% 5x’e; Malan Hermann 82% 10x’e; Antoinette Hermann 94% 11x’e; Petro van Reenen 94% 8x’e; Quintin Jansen van Vuuren 94% 17x’e; Renaldo Nortjé 94% 12x’e en Jaco Swanepoel 88% 11x’e.

Medaljes: “Senior Male – Broadhead”: Aldo van Reenen eersteplek, Henk Engelbrecht tweedeplek en Malan Hermann vierdeplek;  “Senior Female – Broadhead”: Antoinette Hermann tweedeplek;  “Junior Male – Broadhead” :Quintin Jansen van Vuuren tweedeplek en verower ook die hartskoot medalje vir die dag met 17 hartskote, Jaco Swanepoel derdeplek.  “Senior Female – Mechanicals”: Petro van Reenen eersteplek;  “Junior Male  – Mechanicals” Renaldo Nortjé eersteplek, en Hano Swanepoel derdeplek.

SABA het ook hierdie jaar die beste drie skuts in hul onderskeie kategorieë beloon met meriete pryse wat konstant gedurende 2010 presteer het. Saterdag se kompetisiepunte was hierby ingereken. Pro Bow Boogklub, Thabazimbi het met die meeste meriete pryse huiswaarts gekeer, naamlik “Senior Male – Broadhead”  –  Henk Engelbrecht en Malan Hermann;  “Senior Female – Broadhead” – Antoinette Hermann; “Junior Male – Broadhead” – Quintin Jansen van Vuuren en Jaco Swanepoel;  “Senior Female – Mechanicals” – Petro van Reenen en “Junior Male  – Mechanicals” – Renaldo Nortjé.

SABA loot ook gedurende die jaar verskeie pryse uit aan kwalifiserende lede waarop die eindjaar prys die kersie op die koek is. Die jaar is dit deur Pro Bow se Renaldo Nortjé gewen.

Die jaarlikse Hooftoekennings van SABA is natuurlik die eindproduk waarna elke deelnemende skut mik en in 2010 het Pro Bow Boogklub skoonskip gemaak.

In die kategorie: “Senior Male – Broadhead” is Henk Engelbrecht aangewys as die wenner “Top Senior Male – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 94% en 4.5x’e.

In die kategorie: “Senior Female – Broadhead” is Antoinette Hermann aangewys as die wenner “Top Senior Female – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 92.5 en 6.25x’e%. In die kategorie: “Junior Male – Broadhead” is Quintin Jansen van Vuuren aangewys as die wenner “Top Junior Male – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 98.5% en 10.5x’e. In die kategorie: “Senior Female – Mechanicals” is Petro van Reenen aangewys as die wenner “Top Senior Female – Mechanicals” met ‘n gemiddeld van 95.5 en 4.75x’e% en in die kategorie “Junior Male – Mechanicals” is Renaldo Nortjé aangewys as die wenner “Top Junior Male – Mechanicals” met ‘n gemiddeld van 94% en 8x’e.

Die SABA deelnemers gedurende 2010, wil al die persone en instansies bedank wat dit vir hul moontlik gemaak het om aan die kompetisies te kon deelneem. Daar was soveel goedhartigheid, en wil hul verseker dat die lede dit opreg waardeer. Ook wil die lede hul gesinne bedank vir hul geduld, ondersteuning en liefde gedurende die afgelope jaar se kompetisies, asook hul mede span- en klublede.  Sonder hulle onderskraging en aansporing sou die span en individue nie met die hoof trofeë in Thabazimbi gesit het nie, “Drie Hoera’s.”