Kleuters hou Konsert

Die inwoners van die miernes sing die liedjie “O, ek is ‘n mier, ‘n flukse mier...”

THABAZIMBI – SmartBrain Kidz het op Woensdag 13 Oktober hul jaarlikse konsert opgevoer. Die optrede, genaamd “Die lui mier” het gehandel oor ‘n baie besige miernes in die hartjie van die Bosveld. Ongelukkig het daar ‘n groot probleem ontstaan, daar was ‘n Lui Mier in die nes. Dit kon nie geduld word nie, en die hele nes was in rep en roer.

Volgens Marthie du Plooy, hoof van SmartBrain Kidz, was die konsert ‘n groot sukses en al die ouers het dit terdeë geniet. Foto’s: Ria Uys.