
Laerskool Thabazimbi se Gr 2 leerders het Vrydag, 20 Augustus, ‘n uitstappie na Thaba Superspar onderneem.
Die leerlinge is blootgestel aan die kuns van vleisbewerking om wors te produseer en later by die bakkery, is daar aan hulle gedemonstreer hoe deeg gemeng word om broodrolletjies te maak. Superspar het dié spesiale baksel broodrolletjies en wors aan die span leerlinge en personeel geskenk. Hulle het die wors self gebraai om saam met die spesiaal gebakte broodjie te nuttig. Die leerders en personeel bedank Thaba Superspar wat die dag vir die leerlinge moontlik gemaak het.

