Bul van ‘n beesskou

Simlee Esau van Callie Lee se Simlee stoet is aangewys as die Ras en Junior kampioen bul tydens die skou.

THABAZIMBI – Van die mooiste rooi, geel en wit beeste in die land was te sien by die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou die afgelope naweek. Nege rasse verteenwoordig deur telers van regoor die land het hul mooiste diere kom skou. Die beesskou word jaarliks net groter en volgens skou-organiseerder, Johan du Toit, is die skou ook ‘n Elite Brahmanskou, een van net vyf in die land.

Die uitslae was as volg:

Interras kampioen bul:
Joluza Domkrag, PP 04/46, van Joluza Limousins van Ludwig en Annari Claassen van Standerton. Die Reserwe Interras kampioenbul was ‘n Rooi Brahman bul, Pilotboy, van LOBRAM Brahmane van Hannatjie Loots van Lephalale.

Die Interras Koei, Jacmi Gretsu, is geteel deur Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simmentalers, ook van Lephalale. Die Reserwe Interras koei was Mary van Zet Zet Two Pinzgauers vertoon deur Paul Bester van Mooketsi.

Die res van die uitslae was as volg:

Wit Brahmane:
Ras en Junior kampioen bul: WIL 08/2 van Nedibest Brahmane van Willie Becker. Die Senior kampioen, WIL 06/750 is ook uit Nedibest-stoet.
Die Ras en Senior kampioen koei was WIL 07/805 ook van Willie Becker. RAN 08/11 van Ranza Brahmane van Ruhan Beukes was die Junior kampioenvers.

Rooi Brahmane:
Die Ras en Senior kampioenbul was Pilotboy, LB05/09, van Hannatjie Loots se LOBRAM Brahmane van Lephalale. Die Junior kampioenbul, Hector KH 08/80, van Bines Brahmane van Modimolle van Bines Schoeman.

Die Rooi Brahman Ras kampioen koei en senior kampioen was PRI 07/737 van Johan Prinsloo van PRI Brahmane van Thabazimbi. Die Junior kampioen PRI 08/862 is ook van Johan Prinsloo.

Limousins:
Joluza Domkrag 0464 van Ludwig Claassen van Joluza Limousins van Standerton was die Ras en Senior kampioenbul. Die Junior kampioen was
LCB 07/91 ook van Joluza.

Die Ras kampioen koei en senior kampioen was LR 04/50 en die Junior kampioen, LCB 094 is albei van Joluza.

Pinzgauers:
JW 07/102, Grootboom Eric van Grootboom Pinzgauers van Mooketsie was die Ras en Senior kampioenbul. PGJ 8/350, Bestiami Voorman,
van Igmar Bester van Bestiami Pinzgauers was die junior kampioenbul.

Die SA Nasionale kampioen, Mary, B 04/065 van ZetZet 2 Pinzgauerstoet, vertoon deur Paul Bester, was die Ras en Senior kampioen koei. Die Junior kampioen vers was Cup Cake GB 07/060 van Bestiami.

Braunvieh:
Die Raskampioen en Junior bul was BCS 08/12 van Melengelo Zilimbola van Zili Braunvieh stoetery.

FJNH 06/09 van Harman Braunviehs van Cois Harman was die kampioen koei.

Hugenote:
J3 Hugenote van MJ Coetzee van Bandolierskop het skoonskip gemaak GR 03/056 was die Ras en Senior kampioen bul en Junior kampioen was
J3 07/073. Die Ras kampioen koei, ook Junior vers, was Elsie GS 07/120 en Senior kampioen was GS 06/074.

Heleen Roux van Joleen Simbras het skoonskip gemaak onder die kompetisie.

Die Ras en Senior kampioenbul was Cezano, JAR 06/21A, en Junior kampioen was Dereck JAR 07/7A. Die Ras en senior kampioen koei was Ansu 2, JAR 06/22A en Junior kampioen was Ansu 3, JAR 07/8A.

Simmentalers:
Die Ras en Junior kampioenbul, Esau, is geteel deur Callie Lee van Simlee Simmentalers van Thabazimbi. Die Ras kampioen koei was Jacmi Simmentalers se Gretsu van Kobus en Mieta Erasmus van Lephalale. Die Junior kampioen was Simlee Erika van Callie Lee se Simlee Simmentaler
stoet.