Northam VLU hou hul 205ste vergadering

Lede en gaste verf hul emmertjies

SWARTKLIP – Donderdag, 15 Julie 2010 het Northam VLU hul 205ste vergadering aan huis van Sonya Venter, gehou. Tydens die vergadering is Tannie Hannetjie du Plessis en Mari Meintjies geluk gewens met hul kongres artikels wat goeie punte behaal het. Verjaarsdag dames van die maand is Sonya Venter en Cilea Goosen. Na heerlike versnaperings het die dames elkeen ’n emmertjie geverf.

Northam VLU se volgende vergadering word gehou op 19 Augustus 2010 te Swartklip. Belangstellendes kan Mari kontak by 014 786 0304.