Groot fees herdenk Boeremusiek
LEEUPOORT – Die boeremusiekgilde van Suid-Afrika is vanjaar 21 jaar gelede gestig, daarom gaan daar op 4 September groot fees gevier word op Leeupoort Vakansiedorp – waar die enigste monument ter ere van boeremusiek destyds opgerig is.
‘n Totaal van 15 konsertinaspelers gaan die feesgangers op Boeremusiek uit die boonste rakke trakteer. Nico van Rensburg, Manie Bodenstein, Dries Laas, Neels Ackerman, Frank Taylor, Wikkel Fanie du Plessis, Piet Swart en Jaco Eckard sal onder andere daar optree. Die Vastrap Boere-orkes wat al van 1962 saamspeel en die eerste boeremusiek-orkes is wat nog by die Bloedrivier-feesterrein opgetree het, maak ook hulle buiging op Leeupoort.
Ander orkeste is die Harmonie Boere-orkes van Rustenburg, die Naboomspruit Vastrappers, Thabazimbi se eie Sekelbos Orkes, Madelein Potgieter en haar Karringmelk Orkes, almal dames. Willie Saunders se Orkes is die wenners van die Radio Pretoria Boere-orkeskompetisie in 2009. Christo Wolmarans van Kempton Park bring sy junior orkes. Daar gaan ook die geleentheid wees om te luister na ‘n jong dogter wat die konsertina op ‘n besondere manier speel.
Gaskunstenaars vanjaar is GERT VAN TONDER van GROEP 2, HEKKIE DE LA QUERRE met sy WONDERKITAAR en JANNIE CELLIERS wat die SAAG BESPEEL.
Die hekke by die woonwapark open om 07:30 en vir slegs R40 per volwassenes (R30 vir lede) kan ‘n dag en aand van Boeremusiek geniet word. Toegang vir kinders is gratis. Daar is volop te ete en drinke. Die dorstiges kan hulle van die oggend tot die aand om 23:30 geniet.
Daar is nog stalletjies teen R100 beskikbaar vir diegene wat hulle ware wil verkoop. Besprekings vir woonwastaanplek kan gedoen word by Spokie: 083 359 2838.
Vir enige verdere navrae oor verblyf, stalletjies ens. kontak Reina by 082 490 7692 of Pieter by 082 410 1655. E-posse na ekobiz@vodamail.co.za en fakse na 086 652 2757.