
THABAZIMBI – ‘n Jong asmalyer, Michael Bensien (12), is Dinsdag oorlede na ‘n erge asma-aanval.
Michael was ‘n graad 6 leerling verbonde aan Laerskool Thabazimbi. Hier het hy uitstekend op akademiese gebied presteer. Nieteenstaande die asma was hy ook ‘n toegewyde krieketspeler en briljant op die gholfbaan. Volgens sy ouers en vriende het Michael altyd gelag en was hy nooit kwaad vir iemand nie. Hy het veral uitgesien na sy dertiende verjaarsdag op 4 Desember.
Michael was sedert sy babadae ‘n asmalyer. Hy is direk in die Thabazimbi Hospitaal opgeneem nadat hy die aanval gehad het. Alles was egter tevergeefs en twee ure na die aanval is hy oorlede.
Die begrafnis vind Maandag 5 Julie om 11:00 vanuit die AGS Kerkgebou plaas. Michael word oorleef deur sy ouers, Kobus en Heleen Bensien, en ‘n broer James (20).

