THABAZIMBI – Zak van Niekerk gaan op Vrydag 16 Julie in Thabazimbi kom kuier om vir Cecilia Schoeman te help met haar mediese onkostes.
Die Fleur de Liz vrouekomitee in samewerking met die Mrs United Nations finalis 2010 se hoofdoel hierdie jaar is om Cecilia te ondersteun. Met hierdie donasie wil hul bydrae tot ‘n nuwe lewe vir haar en haar gesin. Hul nooi dan nou die getroue Thabazimbiërs om hierdie optrede te ondersteun die 16 Julie, 19:00 in die Bioskoopsaal. Kaartjies beloop teen R100 per stoel en is reeds beskikbaar by die Vrouekomitee. Vir verdere navrae kontak Pierre by 083 556 3216 of René by 076 745 9080.
Die Fleur de Liz vrouedag vind hierdie jaar plaas op Saterdag 18 September en dit beloof om ‘n onvergeetlike dag te wees van pret, dans en lag. Hierdie jaar sal Pieter Koen die dames vermaak.
Daar sal ook ‘n paar uitstekende sprekers wees wat elke vrou se lewe sal raak. Die dames kan hul gereed maak vir ‘n fenominale gebeurtenis. Besighede kan nou al tafels koop teen R5000 per tafel. Hul kry eerste geleentheid om tafels te koop en die kaartjies wat oorbly sal aan individue verkoop word, maar die kaartjies word gewoonlik in ‘n japtrap opgeraap.
Maak gebruik van hierdie geleentheid om jou gemeenskap te ondersteun en ‘n verskil te maak in iemand anders se lewe. Hierdie is ‘n uiters doeltreffende bemarkingsgeleentheid deur middel van uitstallings, promosie geskenke vir gelukkige trekkings en enige ander reklamemiddele wat u wil versprei.
Wees deel van hierdie geleentheid deur vandag nog vir René by 076 745 9080 of Sorika by 082 801 0589 te kontak.
