Vleissentraal Wildsveiling te Vaalwater

VAALWATER – Vleissentraal Bosveld het as afslaers opgetree op 27 Maart by die eerste veiling vir die jaar wat aangebied is deur Waterberg Game Dealers wat behoort aan Coena Smit. Hierdie veiling het plaasgevind by Oljaco Krale te Vaalwater. Die wild wat op die dag verkoop is se pryse was soos volg. Een en twintig Blesbokke met ‘n gemiddelde prys van R1905 en die hoogste prys R3600. Ses Buffels met ‘n gemiddelde prys van R66333 en die hoogste prys R67000. Sewe Elande met ‘n gemiddelde prys van R4943 en die hoogste prys R5400. Vyftien Gemsbokke met ‘n gemiddelde prys van R5800 en die hoogste prys R6000. Elf Njalas met ‘n gemiddelde prys van R7064 en die hoogste prys R7700. Een honderd drie en sestig Rooibokke met ‘n gemiddelde prys van R684 en die hoogste prys R725. Een en twintig Rooiribbokke met ‘n gemiddelde prys van R2657 en die hoogste prys R3600. Sewentien Sebras met ‘n gemiddelde prys van R4794 en die hoogste prys R5200. Elf Swartwitpens Verse met ‘n gemiddelde prys van R168181 en die hoogste prys R170000. Agttien Volstruise met ‘n gemiddelde prys van R1366 en die hoogste prys R1500. Elf Waterbokke met ‘n gemiddelde prys van R4555 en die hoogste prys R4600. Twee Witrenoster koeie met ‘n gemiddelde prys van R247500 en die hoogste prys van R255000. Vyftien Blouwildebeeste is teen R1700 stuk verkoop, vyf Buffelkoeie teen R372500 stuk, een duiker teen R900, drie Kameelperde teen R15000 stuk, vier Koedoes teen R2500 stuk, sewe Rooihartebeeste teen R4400 stuk, vyf Swartwitpense teen R135000 stuk en twee Witrenosters teen R130000 stuk.

Die pryse vir die manlike diere het bietjie verskil en was soos volg. Nege Blesbokke met ‘n gemiddelde prys van R1678 en die hoogste prys van R1700. Veertien Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R3114 en die hoogste prys R3500. Tien Buffels met ‘n gemiddelde prys van R105100 en die hoogste prys van R460000. Sewe Elande met ‘n gemiddelde prys van R8829 en die hoogste prys R13750. Sewe volwasse Koedoe bulle met ‘n gemiddelde prys van R7343 en die hoogste prys R11500. Sewe jong Koedoe bulle is teen R6500 stuk verkoop. Nege Rooibokke met ‘n gemiddelde prys van R1083 en die hoogste prys R1150. Ses Rooihartbeeste met ‘n gemiddelde prys van R4967 en die hoogste prys R5100. Sewe Swartwitpense met ‘n gemiddelde prys van R49571 en die hoogste prys R66000 en een Waterbok teen R5100. Die totale omset vir die dag het R7 836 550 beloop en die afslaer vir die dag was Koot van Staden van Vleissentraal Bosveld wat in Potgietersrus geleë is.