Wildsveiling te Alldays

ALLDAYS – Vleissentraal Bosveld het as afslaers opgetree op 26 Maart by die eerste veiling vir die jaar wat aangebied is deur Hanley Wildvang dienste wat behoort aan mnre Lood Goosen (junior en senior). Hierdie veiling het plaasgevind by Alldays veilingskrale. Die diere was oudergewoonte in uitmuntende toestand omdat die Goosens baie ervare wildvangers is en presies weet hoe om wild te hanteer. Belangstelling deur die kopers was onder die huidige droogte toestande redelik goed. Pryse het begin waar dit in 2009 ge-eindig het, alhoewel daar ‘n duidelike goeie vraag na goeie manlike diere was. Die wild wat op die dag verkoop is se pryse was soos volg. Ses en dertig Blouwilde beeste met ‘n gemiddelde prys van R1714 en die hoogste prys R1900. Vier en twintig Elande met ‘n gemiddelde prys van R5546 en die hoogste prys R7500.

Sestien Gemsbokke met ‘n gemiddelde prys van R5407 en die hoogste prys R5750. Negentien Koedoes met ‘n gemiddelde prys van R2661 en die hoogste prys R2800. Een honderd vier en veertig Rooibokke met ‘n gemiddelde prys van R685 en die hoogste prys R800.Twaalf Sebras met ‘n gemiddelde prys van R4996 en die hoogste prys van R5300. Twintig Waterbokke met ‘n gemiddelde prys van R4130 en die hoogste prys van R4500. Vyf Njalas was verkoop teen R5800 stuk en vyf Rooihartbeeste teen R4600 stuk. Die pryse vir die manlike diere het bietjie verskil en was soos volg. Veertien Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R3010 en die hoogste prys van R3600. Agt Elande met ‘n gemiddelde prys van R8294 en die hoogste prys van R11500. Ses Gemsbokke met ‘n gemiddelde prys van R5050 en die hoogste prys van R5400. Vier Koedoes met ‘n gemiddelde prys van R8688 en die hoogste prys van R11250. Drie Rooihartbeeste met ‘n gemiddelde prys van R5867 en die hoogste prys van R6000. Twee Waterbokke met ‘n gemiddelde prys van R11125 en die hoogste prys van R13000. Twee Njalas is verkoop teen R8250 stuk. Die totale omset vir die dag het R854 940 beloop en die afslaer vir die dag was Willie Roux van Vleissentraal Bosveld wat in Potgietersrus geleë is.