Business

Ons praat grondbone sake

Die verwagte El Nino verskynsel vir die komende seisoen noop produsente om baie mooi te besin oor hulle aanplantings strategië en plant datums.
Die Spaanse – tipe grondboon met ‘n regop groeiwyse en ‘n kort groei seisoen is ‘n gewas wat onder droeër toestande tog met ‘n groot sekerheid geproduseer kan word.
Hierdie grondboon tipe is oorspronklik afkomstig uit die tropiese gebiede van Suid Amerika en is besonder goed aangepas vir hoë temperature.
Om produsente beter in te lig oor die besluitnemings prosesse word ‘n gesprek gereël om die nuutste stand van die El Nino in oënskou te neem – hiervoor sal Willem Landman van die Departement van Weerkunde ‘n aanbieding doen.
Graan SA se nuutste mark ruimtes en aanbevelings sal ook onder die loep geneem word om daaruit produk winsgewindheid en prys tendense te bepaal.
Verskeie produk begrotings sal aangebied word om produsente in staat te stel om ‘n oordeelkundige besluit te kan neem aangaande hulle beplande aanplantings en verwagte winsgewindheid vir die komende seisoen.
Grondbone produksie praktyke sal geevalueer word met spesifieke aanbevelings vir maksimale opbrengste en kwaliteit produkte.
Die voordele van ‘n gestruktueerde kontrak verbouings program vir grondbone produsente sal in detail bespreek word. Hierdie tipe van verbouings praktyk gee aan die produsent ‘n besonderse voordeel , byvoorbeeld prysverskansing sonder enige kostes deur middel van ‘n minimum gewaarborgde prys , finansiering van sekere inset kostes, (rente vry) en vele ander.
Kontrakte sal by die vergadering  beskikbaar wees vir voornemende produsente.
‘n Oorsig oor die internasionale grondbone mark en afgeleide internasionale pryse vir Suid-Afrikaanse omstandighede sal ook aangebied word.
Alle produsente en ander belangstellendes is baie welkom om die dag by te woon, wat aangebied sal word op Maandag 21 September 2009 om 10:00 by Weesgerus vakansie oord, net buite Nylstroom op die Vaalwater pad.
Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Hannes Jansen op sel nommer 082 937 9348