Community

Ons lesers skryf: Sypaadjies veroorsaak probleme

Wilna – Thabazimbi

Die nuwe ”sypaadjies” langs die toegangsroetes by die dorp lyk baie netjies, en het seker werkskepping ten doel gehad. Soms het tussen 7 en 15 mense gestaan en toesig hou oor een persoon wat met die graaf werk. Dalk was daar net een graaf…
Motoriste moet veral waak teen voertuie wat regoor Regorogile, ( op die Sentrum/Lephalalepad ) skielik voor jou tot stilstand kom om passasiers op of af te laai. Die skuldige is mos die persoon wat van agter in ‘n ander voertuig vasry?
Die beplanning met die sypaadjies by die 3-rigting stop regoor die kwekery en Bosveldvoëlparadys verdien ook om genoem te word. Het niemand daaraan gedink dat ‘n bottelnek geskep word tydens hewige reëns nie? Waar moet die water heen?
Iewers moet iemand verantwoording doen vir die vermorsing van ons belastingbetalers se geld.