Entertainment

Apiesdoring Karnaval: 20-daar wees redes!

THABAZIMBI – As inwoners van Thabazimbi 20 goeie redes soek om die Apiesdoring Karnaval Saterdag 9 Augustus by die Hervormde Kerk by te woon, moet hulle verder lees.
1.DJ Ossewa as gaskunstenaars van 09:00 af. 2.Boere-kultuur stalletjies! Ook riembrei en taksiedermie (opstop) demonstrasie. 3.Honderde kilogram wild en beesbiltong teen net R95p/kg! 4.Tonne vars vleis – teen minder as groot handelpryse! Wors R30-00 p/kg. 5.Pap en kaiings en pap en wildslewer van 08:00 af 6.Wildsvleis: opgestopte wildsboude, “Russians”, skenkels ens. 7.Nat beskuit, bakoond-brood, potbrood en roosterkoeke. 8.Kettieskiet-kompetisie: Gansbaai vakansie met vliegkaartjies te wen. 9.Boogskietkompetisie met top jagpakket te wen. 10.Skyfskietkompetisie met skaap en windbuks as pryse. 11.Raai ‘n eland se gewig en wen hom verpak en gebiltong na jou smaak. 12.Plaasstal met honderde konfyte, water-wat-skop, boerseep ens. 13.Kwekerystal met weggee pryse. 14.Hout en kunswerk stallletjie en ouma se apteekstal. 15.Top veiling van unieke artikels om 11:30. 16.Reuse tombola en heerlike lekkergoedstalletjie. 17.Talle kinderspeletjies om kinders besig te hou. 18.Honderde sappige sosaties en lammers op spit gebraai. 19.Ons tema is “gasvryheid is in ons kultuur” en jongmense met uitken T-hemde sal vir jou in rye staan en jou aankope doen. 20.Gratis toegang en dit alles Saterdag 9 Augustus by die Hervormde kerk te Thabazimbi!
Enige verdere navrae kan gerig word aan Izak Joubert by 083 488 6357 of Hennie van der Linde by 083 507 0335.