General

Thabazimbi se bos groei in Europa!

THABAZIMBI – Wes Enterprises in Thabazimbi, die bekende ontwikkelaars en vervaardigers van BOSKOS wildsvoere, het sedert 2001 BOSKOS uitgevoer na Europa, waarvan ‘n groei in aanvraag vir BOSKOS in die laaste jaar met 140% gestyg het. Op 10 Julie 2008 het Wes Enterprises ‘n kontrak gesluit met Kiezebrink International in die stad Putten, Holland.
Kiezebrink International het nou alleenreg op die invoer en verspreiding van BOSKOS in die Europese Unie, wat ook insluit Engeland en Ierland. Kiezebrink International is ‘n spesialis voerverspreider vir Europese dieretuine wat BOSKOS beskou as “Gesonde voer vir gesonde diere”.
‘n Groter BOSKOS voer-reeks word beplan deur Kiezebrink International en Kasper Faunafood, ‘n prominente vervaardiger van diëte vir diere in dieretuine, in samewerking met Wes Enterprises.