Kleurryke Kunstenaar in KunsteGrot

THABAZIMBI – Ian Roberts, een van ons land se talentvolste akteurs, kom kuier met sy eenmanvertoning Suikerbos, in ons eie teater, Die KunsteGrot op Vrydag 25 Julie, 18:30 vir 19:00.
Suikerbos is ‘n komedie vol polka’s, vastrappe en sommer ‘n hele hoop patos.  Dit gaan oor die kort en roekelose lewe van ‘n vastrapkoning, Dawid de Lange en sy makkers, die boeremusiek rebelle van die Dertigs…Hy’t flambojant aangetrek en wild geleef, mampoer gesuip en meisies betower. Vir vyf asemrowende jare het hy die land aan die brand gespeel met rou, vurige en aardse boeremusiek.
Ian lewer skitterende spel, en dis ‘n produksie wat die koue sal verdryf en die harte warm sal laat klop.  Kom ondersteun asseblief, kontak sommer dadelik vir Rita by 083 744 8559

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.