Thabazimbi wildbelangegroep byeenkoms
THABAZIMBI – Tydens ‘n baie suksesvolle Wilds-inligtingsdag/seminaar, aangebied deur OBARO Thabazimbi, is die behoefte om weer ‘n wildstudiegroep/belangegroep in die lewe te roep, voorgestel deur die visie-president van WRSA, Mnr Coert Steynberg.
‘n Bestuur om die belangegroep in die lewe te roep en aan die gang te kry is aangewys en ‘n bestuursvergadering is ‘n week of twee daarna gehou.
Tydens dié vergadering is daar besluit dat dit goed sou wees om die eerste byeenkoms op Thaba Tholo te hou, waar Rubin Els, hierdie jaar se Wildboer Van Die Jaar, die hoofbestuurder is.
Rubin sal optree as spreker en hy sal ‘n oorsig gee van hoe ‘n winsgewende wildboerdery, soos op Thaba Tholo, bedryf word. Tydens hierdie byeenkoms sal wildboere die geleentheid kry om aan te sluit by die wildsbelangegroep en deel te wees van hulle aktiwiteite in Thabazimbi.
Die byeenkoms vind plaas te Thaba Tholo, op Woensdag, 23 Julie om 14:30 by die hoofkompleks. Aanwysings: Neem die Dwaalboom-teerpad by die “prentjie”-brug vir ±10km uit die dorp. Draai dan regs op die eerste Rooibokkraal grondpad vir nog ±12km en draai in by die groen Amsterdam-bord waar die pad sal lei tot by die kompleks.
Alle belangstellendes in die wildbedryf – wildboere, jagters, natuurbewaarders, staats- en munisipale amptenare en ander – word genooi om die byeenkoms by te woon. Die toegang is gratis en verskeie plaaslike besighede sal hulle produkte daar uitstal. WRSA, die amptelike verteenwoordigende organisasie vir die Wildbedryf in Suid-Afrika, sal ook teenwoordig wees en inligting deurgee oor die nuwe “Tops” (nuutste wetgewing) regulasies.
Vir enige verdere navrae, kontak: Herman Barnard by 082 335 6441 of 014 772 2628, Leon van der Watt by 082 578 5581 of 011 708 2304 of
Rubin Els by 082 371 5083 of 014 777 4000.